Versus Virtual Run2.0



Is jy gereed vir die Versus Virtual Run 2.0?

Met die poging probeer hulle om dit die wêreld se grootste virtual run te maak! En die beste van alles, die inskrywing is GRATIS!! Ja jy het reg gelees, gratis!

En al wat jy moet doen is om in te skryf. 

Hier is vinnige inligting:

Datum: Saterdag 13 Junie  2020
Afstand: 5km of vêrder
Tyd: Jy kan enige tyd gedurende 13 Junie hardloop. Maak net seker jy upload jou tyd voor 23:59 die aand.
N.B - hou dit asb binne die regering se riglyne tydens Level 3

Daar is pryse ter waarde van R75 000 wat gewen kan word van Versus, Garmin, Asics  & JBL



Daar is tans 10228 inskrywings. 

Kliek HIER om in te skryf vir die Versus Virtual Run 2.0







Gauteng Skole Landloop Kampioenskappe 2019

As afrigter is ek vreeslik trots om 19 van ons atlete te kan stuur na die Gauteng Skole Landloop Kampioenskappe wat op 31 Augustus 2019 by Phoenix High School hardloop.

Harde werk word beloon en ek is trots op elkeen van julle!

Ons was ook bevoorreg om vir Rene Kalmer, dubbel Olympiese atleet by ons te he om met die kinders te gesels en te motiveer voor hulle groot byeenkoms!

Baie sterkte aan elke atleet. Julle het die harde werk ingesit en verdien om daar te wees! Glo en vertrou in jouself!

"you've got this"



Aan elke ouer, dankie vir julle vertroue en ondersteuning. Sonder julle sal die kinders se prestasies nie moontlik wees nie